Welkom by

Die GROOT Ontbyt

Ontbyt soos net ons dit kan doen!
Weekdae 06:00–08:00 op kykNET

InFokus Web Banner MAIN
previous arrow
next arrow
InFokus Web Banner MAIN
previous arrow
next arrow

Ons bied 'n onbeperkte netwerk vir jou.

Die Groot Ontbyt bied ’n vars en energieke mengsel van inhoud vir elke kykersmaak. Die program sluit onderhoude in met inspirerende persoonlikhede, ligte en vermaaklike insetsels, asook kreatiewe kombuis-segmente met praktiese wenke.

“Op Daai Noot” bring ekstra energie met ‘LIVE’ musiekoptredes van talentvolle kunstenaars. Saam skep dit ’n gebalanseerde en boeiende oggendprogram met ’n unieke Suid-Afrikaanse gevoel.

Ons Aanbieders

Jennifer se lewenslus, integriteit en talent bring voortdurende vernuwing na Die GROOT Ontbyt.

Volg vir Jennifer

Oor sy liefde vir televisie sê Pierre: “Die kassie is deel van my. Ek is bekkig, kreatief en nuuskierig—stories is my ding. Televisie het my gekies, nie andersom nie.”

Volg vir Pierre

Su-an se warmte en energie maak haar ‘n gunsteling tussen kykers. Sy waardeer die interaksie met kykers en luisteraars, en sien uit na daardie unieke oomblikke wat net regstreekse uitsendings kan bring.

Volg vir Su-An



Scroll to Top