Die GROOT Ontbyt
InFokus Fotografie
Kompetisie
Vang die Oomblik. Vertel die Storie.
Tussen al die foto's op jou rekenaar en foon, kruip daar moontlik ‘n WENFOTO weg.
As jy onlangs ‘n besonderse foto van wildlewe geneem het, is dit dalk JOU kans om GROOT pryse met 'n totale waarde van meer as R200 000 te wen.
Inskrywings sluit op 24 Julie 2026 om 12:00.
Inskrywingsvereistes
Die foto moet die deelnemer se eie oorspronklike werk wees.
Die deelnemer moet alle regte op die foto besit.
KI-gegenereerde of hoofsaaklik KI-gemanipuleerde fotos word nie toegelaat nie.
Basiese redigering of aanpassings in terme van kleur, blootstelling, uitsny of verskerping sal toegelaat word.
Die foto mag nie enige kopiereg, handelsmerk of intellektuele eiendomsreg van ‘n derde party skend nie.
- Foto’s moet in JPEG-formaat ingedien word.
Foto’s moet aan die voorgeskrewe groottevereistes voldoen.
- Slegs ernstige inskrywings wat aan al die vereistes voldoen, sal oorweeg word.
- Minimum groottevereiste: 1920 x 1080 px (min grootte 2MB)
Die finaliste sal volgens die volgende vyf kriteria beoordeel word:
Komposisie (“Composition”)
Beligting en Tegniese Uitvoering (“Exposure & Technical Execution”)
Velddiepte en Fokus (“Depth of Field & Focus”)
Storievertelling en Emosionele Impak (“Storytelling & Emotional Impact”)
Onderwerp en Oomblik (“Subject & Moment”)