MAAK GEREED VIR 2027!

Aandag alle laerskoolleerders,
13-jaar en jonger!

Droom jy daarvan om ‘n nuusleser te wees? Hier is jou kans!
"Die GROOT Ontbyt Jong Nuusleser 2026" nooi jong kykers om ‘n 1-minuut-video van hulself op te neem terwyl hulle ‘n nuusbulletin lees.
Jou bulletin moet steeds relevante nuusgebeure insluit – van aktuele gebeure en sport tot vermaak, en jy kan jou eie nuusstorie opmaak.
Maak dit lekker kreatief! 

  1. Neem ‘n 1 minuut (“landscape”) video van jouself terwyl jy ‘n kort nuusbulletin lees (vra vir Mamma of Pappa om jou te help).
  2. Besoek Die GROOT Ontbyt se Facebook-blad. 
  3. Klik op die skakel & voltooi die inskrywingsvorm.
  4. Laai jou video op.
  5. Skakel in op Die GROOT Ontbyt, want jou inskrywing mag dalk op die kassie verskyn.
  6. Die Top 5 word gedeel op Die GROOT Ontbyt se Facebook-blad.
  7. Kykers stem vir hul gunstelinge.

Jou nuusberig moet die volgende bevat: 1 x relevante storie, 1 x kreatiewe storie, sluit af met ‘Ek is (JOU NAAM). Bly ingeskakel vir jou volgende nuusbulletin op Die GROOT Ontbyt.’

Die WENNER kry die kans om nuus regstreeks op Die GROOT Ontbyt te lees. ‘n Bekende paneel kies die “Jong Nuusleser van die Jaar”! 

Hierdie is jou kans om op nasionale televisie en op Maroela Media te skitter en weg te stap met ’n PNA-geskenkpak ter waarde van R10 000 plus ’n R3000-geskenkbewys vir die Maroela Mark.

So waarvoor wag jy?!

Inskrywings sluit: 15 Mei 2026 (om 12:00)

Scroll to Top